Klipwerf Orkes - DIE PLATINUM DVD EN CD VERSAMELING

R119.95

Expected delivery time: 7 - 21 working days.
ADDING TO CART

Information:

Klipwerf het oor die afgelope sewe-en-veertig jaar sinoniem geword met lekker langarmdans, kuier om die braaivleisvuur en partytjiehou tot die son opkom. Dié SAMA-bekroonde orkes se besonderse verwerking van hulle eie musiek, asook bekende treffers, het diep spore kom trap in die Suid-Afrikaanse kultuur en vir hulle ’n permanente plek losgespeel op treffersparades, platejoggies se dansmusieklysies en in die harte van musiekliefhebbers regoor die wêreld. Die lekkerluister-manier waarop hulle melodieë saamslaan, is die sleutelbestanddeel tot die sukses wat tot dusver bereik is en ook die rede hoekom hulle aanklank vind by gehore van alle ouderdomme. Hierdie album is die orkes se dertigste vrystelling en dit is nie moeilik om te sien hoekom hulle met ’n rits musiektoekennings spog nie. Die CD bestaan uit dertig van hulle beste snitte, wat sorgvuldig uitgesoek is om Klipwerf se sukses in die musiekbedryf te vier. Dit is ’n mengsel van ritmiese gunstelinge wat jou na die naaste dansmaat sal laat gryp, asook bekende wysies wat jou onwillekeurig sal laat saam neurie waar jy jouself ookal mag bevind. Treffende verwerkings van hartmusiek soos Sprokie vir ’n Stadskind en Baby Blue mag jou dalk ook net na ’n snesie laat gryp en nostalgies laat verlang na dae wat lankal reeds verby is. “ Die DVD bestaan uit ’n kombinasie van musiekvideos wat oor die jare, regoor die land, opgeneem is. Vier van die videos is binne ’n paar dae op verskillende plekke geskiet. “Ek wil nie graag een uitsonder nie, maar Spanish Eyes is uitsonderlik! Ons het van Suid-Afrika se beste baldansers gehad, in flambojante uitrustings, wat saamdans en vir die eerste keer, in Klipwerf se geskiedenis, was die orkeslede self uitgevat in hulle mooiste aandklere om die video perfek af te rond.

Disk 1

TrackNameDuration

1

Willem se Vastrap

2

Hentie se Foxtrot

3

Strandfontein

4

Sontjie Sak weg/Blou Berge

5

Warmvat Vastrap

6

Vyejam Seties

7

Umfaan

8

Tirn se Dinge

9

Baby Blue

10

Sprokie vir n Stadskind

11

Louwtjie se Vastrap

12

Sweet Maria

13

Marina

14

Red River Rosie

15

Lola

Disk 2

TrackNameDuration

1

Sneeuwals

2

Sewe Regenbogen

3

Sewe Jaar

4

Don't mess with my Toetoe/Kaboe mielies

5

Red River Rock

6

Boesmanland

7

In the mood

8

Dawid van Oom Jan

9

Santjie

10

Loslappie

11

Nicol se Vastrap

12

Rooispan

13

Have you Ever seen the Rain

14

Die Paarl is n Wonderlike Plek

15

Tronkvoël Vastrap

Disk 3

TrackNameDuration

1

Die padda wou gaan Opsit

2

Geelslang

3

Spanish Eyes

4

Ek wil my Baby hê Vanaand

5

Ellie Swartjan se Wals

6

Stofskop

7

Kliprand se Dinge

8

Erdman Setees

9

Happy ou Anna

10

Outa in die Langpad

11

Wipneusie

12

Suikerbos Setees

13

Wie se Kind is Jy

14

Dans met My Klipwerf/Jack Parow